OUDTSHOORN NUUS - Die brose koalisie wat die Outshoorn-stadsraad saam met die ANC beheer, is aan skerwe nadat die Oudtshoorn Gemeenskapsinisiatief (OGI) hom aan dié koalisie onttrek het.
Colan Sylvester (OGI) het as speaker van die Oudtshoorn-stadsraad bedank en reeds die waarnemende munisipale bestuurder, Walter Hendricks, skriftelik van sy besluit in kennis gestel.
Dié besluit is ook deur middel van 'n skrywe aan die ANC se streek- en provinsiale leierskap gekommunikeer. Die ander koalisie-vennote is ook van die besluit ingelig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'