KANNALAND-NUUS - Tenspyte van lopende hofsake en binnegevegte binne Icosa, het dié party Saterdag 9 September, sy Nasionale Uitvoerende Kongres in die stadsaal van Ladismith gehou. Nuwe lede vir die NUK is hier gekies.
Afgevaardigdes het van die Vrystaat, Oudsthoorn, Mosselbaai, George, Witzenberg, Boland, Ceres en omliggende streke na Ladismith gereis om hul nuwe bestuur te verkies.
Die nuwe NUK
In ‘n eenparige voorstel is Jeffrey Donson herkies as president van Icosa. ‘n Vrou van die Vrystaat, Solina Dial, is tot die pos van adjunk-president, verkies om ook sodoende die geslagsgelykheidsbeginsel duidelik te handhaaf.
"Niks in die lewe kom maklik nie. Werk hard aan die komende verkiesing, 2024 is om die draai. Ons is die stem vir die stemloses. Kom ons bou aan eenheid in die party,” het Donson gesê.
Dawid Kamfer, wat volgens die ander Icosa-groep die interim leier is het gesê: "Daar bestaan nie ‘n NUK nie. Die persone wat teenwoordig was, was nie almal lede . Ons sal weer gesels na die hofsaak want ons kan nie nou enige verdere uitsprake lewer nie.”
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Vorige artikels: