OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete word aangemoedig om die Burgemeester Imbizo's by te woon wat vandag, 7 April begin.
Die Imbizo's handel oor die konsep Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP) vir die 2025/2026, asook die konsepbegroting vir die 2025/2027 finansiële boekjare.
Die imbizo's word gehou om noodsaaklike kommentaar van inwoners en belastingbetalers in te win oor die genoemde begrotings.
Die vergaderings is soos volg:
- Wyk 11: Maandag 7 April, Blomnek-gemeenskapsaal 18:30
- Wyke 9 en 10: Dinsdag 8 April, Dysselsdorp-gemeenskapsaal 18:30
- Wyk 6: Woensdag 9 April, Rosevalley-biblioteeksaal 18:30
- Wyke 4 en 5: Donderdag 10 April, Thusong-dienssentrum 18:30
- Wyk 8: Maandag 14 April, Thusong-dienssentrum 18:30
- Wyke 7 en 13: Dinsdag 15 April, Protea Hotel Saal 18:30
- Wyke 9, 11 en 12: Woensdag 23 April, Oudtshoorn-banketsaal 18:30
- Wyke 1, 2, 3 en 7: Donderdag 24 April, Oudtshoorn-banketsaal 18:30
- Wyke 2 en 12 Woensdag 30 April, Volmoed Primêr 18:30
vir navrae kontak Thembeka Gunguluza by 044 203 3972.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’