LADISMITH NUUS - Om by te hou by die politiek in Kannaland is nie 'n maklike taak nie.
Sedert die verkiesing het Kannaland drie verskillende burgemeesters gehad.
Jeffrey Donson is in Januarie vanjaar uit die stoel gelig na drie mosies van wantroue teen hom, Werner Meshoa (onderburgemeester) en die verteenwoordiger van Kannaland-munisipaliteit in die Garden Route-distriksraad, Hyrin Ruiters ingesit is.
Nicky Valentyn, van die ANC, is tot burgemeester verkies.
Valentyn was die speaker van die raad en moes dus vervang word en Rodge Albertus van die Kannaland Independent Party (KIP) is as die nuwe speaker verkies.
Leonie Stuurman (ANC) is die nuwe onderburgemeester en Aletta Steenkamp (DA) is as verteenwoordiger in die Garden Route-distriksraad verkies.
Valentyn en Stuurman is deur die ANC geskors omdat hulle met die DA saamgewerk het om Icosa uit die stoele te lig.
OVK-brief
Op 28 Februarie het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) 'n brief ontvang waarin daar staan dat Valentyn plek moet maak vir sy goeie vriend, Anthony Ewerts, as raadslid.
Albei is van die ANC. Luidens die brief moet raadslid Leoni Stuurman op haar beurt vervang word met die jong vuurvreter-politikus Bradley Benades.
Dié skrywe van die OVK van 28 Februarie gee Kannaland se waarnemende munisipale bestuurder, Ian Avontuur, kennis van die vervanging van die raadslede soos bepaal word deur die Wet op Munisipale Strukture.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'