Update
BEAUFORT-WES NUUS - Die ANC is weer in beheer van Beaufort-Wes en Truman Prince is die nuwe onderburgemeester.
Hierdie wending het op Sondag 18 plaasgevind toe die Karoo Democratic Front (KDF) hulle koalisie met die DA verbreek het en hulle gewig agter die ANC ingegooi het.
Noël Constable, wat die enkele KDF setel op die raad beman is met die burgemeesterspos beloon vir sy moeite.
Die DA en ANC het na die Augustus 2016 munisipale verkiesings elk ses setels in die raad gewen.
Die KDF het die dertiende en bepalende setel gehad en besluit om met die DA saam te werk.
Japie van der Linde van die DA het die burgemeesterstoel inneem.
Enkele dae voor die inwoners van Beaufort-Wes op 21 Februarie weer in wyk 2 moes stem na die DA een van hul raadslede, Kate Elexander, weens wanbetaling van ledegelde geskors het, het Constable sy gewig egter sy rug op die DA gekeer en hom by die ANC geskaar.
Alhoewel die DA wyk 2 teruggewen het en Derick Welgemoed hul sesde setel ingeneem het, het Constable se oorlopery die weegskaal in die ANC se guns geswaai.
Constable is met die 26 Februarie-raadsvergadering vergoed vir sy steun aan die ANC en as burgemeester aangewys.
Die omstrede vorige ANC burgemeester, Truman Prince, het die onderburgemeesterstoel ingeneem en Wykie Matsoane van die ANC is ingestem as die speaker.
Jaco Londt, DA-lid van die parlement en voorsitter van die oosstreek, het in reaksie gesê die DA beskou die ANC se oorname as onwettig.
Noël Constable
Welgemoed het te kenne gegee dat die DA die aangeleentheid Hooggeregshof toe neem en die oorname betwis.
Hy wou egter nie uitbrei oor die meriete van hul saak nie.
Constable was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Lees 'n vorige artikel: Beaufort-Wes se nuwe 'Generaal'
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'