Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Colan Sylvester, Oudtshoorn Gemeenskapsinisiatief (OGI)-raadslid, het as raadslid bedank.
Volgens 'n verklaring wat hy gisteraand, 4 Junie, uitgereik het is hierdie besluit " geneem na deeglike oorweging van my persoonlike welstand. Weens gesondheidsredes moet ek hierdie tyd gebruik om op my herstel te fokus en meer tyd saam met my gesin deur te bring."
Sylvester het gesê hy kondig dit met 'n mengsel van diep dankbaarheid en swaar gemoed aangekondig.
"Om die mense van Oudtshoorn te dien was 'n onmeetlike voorreg en 'n eer wat ek altyd sal koester. Ek is ongelooflik dankbaar vir die vertroue wat u in my gestel het. Alhoewel ek nie meer in 'n amptelike hoedanigheid sal dien nie, bly my toewyding aan die vooruitgang en welstand van Oudtshoorn onwrikbaar. Dankie vir u begrip, dat u my privaatheid respekteur, en onwrikbare ondersteuning."
Sylvester was 'n proposionele lid wat beteken dat OGI 'n volgende kandidaat sal aanwys. Volgens Sylvester sal hierdie besluit binne die volgende paar dae geneem word.
Hy was bykans 10 jaar 'n raadslid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’