DYSSELSDORP NUUS - Bertram Jantjies, PA-raadslid van Dysselsdorp, het verlede Saterdag bedank en homself by die DA aangesluit.
Dié nuus is die week met skok en ongeloof deur die gemeenskap ontvang. Jantjies is in April vanjaar as PA-raadslid in Dysselsdorp verkies na Chad Louw, vorige ANC-raadslid van Dysselsdorp, uit die ANC bedank het en by die PA aangesluit het.
Dit het Louw se pos vakant gelos en Jantjies is deur middel van 'n tussenverkiesing as die nuwe raadslid gekies.
Jantjies se bedanking beteken dat daar wéér 'n tussenverkiesing in die wyk moet wees.
Alan Winde, primier van die Wes-Kaap, Woensdag 'n verrassingsbesoek in Oudtshoorn gehad.
Oor die besoek het Venolea Fortuin, Mosselbaai se speaker, gesê: "Dit was 'n konstruktiewe samekoms en het die toon aangegee vir 'n splinternuwe begin om Oudtshoorn weer in die bekwame hande van die Demokratiese Alliansie te kry.
"Ons nuwe DA-lid, die voormalige wyksraadslid vir die PA, het by die vergadering aangesluit. Ons is opgewonde om saam met Bertram te reis, want ons sal moet voorberei vir 'n tussenverkiesing in Dysselsdorp. Oudtshoorn het die DA "verskil" nodig, en ons span is gereed."
Suzane Jantjies, Oudtshoorn se speaker, het gesê Jantjies moes bedank omdat hy die naam van die PA in oneer gebring het deur sy openbare verbintenis met die DA.
"Die PA wens ons hom sterkte toe."
Die Oudtshoorn Courant kon nie daarin slaag om met Jantjies kontak te maak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’