OUDTSHOORN NUUS - Slegs politieke partye het kandidate voorstel om aan die 30 Mei wyk 13-tussenverkiesing op Oudtshoorn deel te neem.
Die tussenverkiesing vind plaas na die afsterwe van DA-raadslid Pieter Luiters. Die kandidate is Macellis Theyse (DA), Romeo Prins (EFF), Micheal Wagenaar (ANC) en Daniel Oppels (ACDP).
Die stemlokale vir die tussenverkiesing is St. Simons Kerk en die Bridgton-vakansieoord.
Ongeveer 3 700 kiesers is geregistreer om aan die verkiesing deel te neem.
Micheal Wagenaar - ANC.
Marcellis Theyse - DA.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'