ALBERTINIA NUUS - ‘n 21-jarige plaaswerker, Johannes Bangiso, is vandag in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai skuldig bevind vir die moord op ‘n boervrou van Albertinia.
Regter NC Erasmus het Bangiso skuldig bevind dat hy die 52-jarige Sharon Lee Bester op 27 Oktober verlede jaar op die plaas Zout van die aarde verwurg het.
Bangiso het op die plaas groot geword en het sekere erkennings aan die hof gemaak, maar het onskuldig gepleit.
Hy het aangevoer dat hy Bester se voertuig wou vat om sy meisie te gaan haal, maar deur Bester in die gang verras is.
Bangiso het haar ‘n vuishou teen die kop toegedien en haar daarna gewurg.
Erasmus het Bangiso ook skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en roof met verswarende omstandighede.
Bangiso se pa sal more ter strafversagting getuig.
Sharon Lee Bester
Artikel verskaf deur ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
Lees vorige artikels:
- Uitspraak in boervrou-moord
- Opspraakwekkende moordverhoor skop af
- Boervrou vermoor: Verdagte in hof
- Opvolg: Albertinia-Boervrou vermoor
- Albertinia: Boervrou vermoor
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'