RIVERSDAL NUUSFLITS - Die lykskouing op Stefan Marais, die graad 11-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale wie se liggaam Saterdag in die Goukourivier opgespoor is, sal môre (Dinsdag 23 Januarie) op Oudtshoorn uitgevoer word.
Dit is volgens Jaco Pretorius van die Forensiese Patologiese Dienste.
Hoewel Stefan vermoedelik verdrink het, sal dit eers met die outopsie bevestig kan word.
Emosies het hoog geloop toe die lewelose liggaam van die leerder om ongeveer 12:58 op Saterdag 20 Januarie deur die polisieduikers aan wal gebring is.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
FOTO: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'