Update
SWELLENDAM NUUS - Die bestuurder van die bakkie wat in ’n tromp-op botsing op die N2, 4 km vanaf Swellendam in Heidelberg se rigting betrokke was, is noodlottig beseer.
Hy was 26 jaar oud.
Sover bekend is dit die enigste sterfgeval.
’n Stop-en-ry is in plek tot die toneel opgeruim is.
Verdere inligting sal volg sodra bekend.
Lees 'n vorige artikel: N2 gesluit na botsing naby Swellendam
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'