NASIONALE NUUS - Die departement van gesondheid doen 'n beroep op mense om nie Covid-19 as 'n skande te hanteer nie.
Dit blyk dat daar in verskeie gevalle negatief opgetree word teen mense wat vir toetsing gestuur word, of positief getoets is.
In 'n verklaring wat uitgestuur is sê die departement dat dit normaal is om angstig en verward te voel wanneer 'n toets positief is, maar dat mense moet onthou dat die meeste mense herstel nadat hulle slegs siekerig gevoel het.
"Covid-19 diskrimineer nie en enigeen kan aangesteek word, daarom moet gemeenskappe mense wat positief getoets is, ondersteun en nie die toestand stigmatiseer nie."
Alhoewel fisiese kontak vermy moet word kan mense wat die virus opgedoen het op verskeie maniere ondersteun word deur byvoorbeeld boodskappe te stuur, telefonies kontak te maak, inkopies te gaan doen en sorg dat hulle nie in isolasie eensaam voel nie.
Gesondheidsrisiko verbonde aan stigmatisering
Die gevaar van stigmatisering lê veral daarin dat mense hulle toestand sal probeer wegsteek uit vrees van diskriminasie.
Dit kan veroorsaak dat hulle nie mediese aandag kry nie omdat hulle nie dokter of kliniek toe wil gaan nie wat daartoe lei dat die siektetoestand vererger en dat die virus verder versprei.
"Onthou dit is 'n moeilike tyd vir die persoon met die virus en hulle het meegevoel, liefde en ondersteuning nodig. Gee ondersteuning eerder as om te diskrimineer," sê Nadia Ferreira van die departement van gesondheid.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'