“Supt. Coert Jordaan het ’n silwer grys Opel Corsa bakkie opgemerk,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metro Polisie, gesê.
“Die modus operandi van die man was glo om sy voertuig naby, veral laerskole te parkeer, en dan kaal in die voertuig te sit. Die man sou dan na bewering jong kinders agtervolg en hulle nader roep om te kyk hoe hy homself bevredig,” het Kgasago verduidelik.
Volgens rekords by die Brakpan polisiestasie is daar ten minste 30 voorvalle aangemeld waarby die man moontlik betrokke kan wees.
“Supt. Jordaan het Woensdagmiddag onraad vermoed toe hy opgemerk het dat die Opel Corsa bakkie stadig agter ’n laerskoolmeisie aangery het,” het Kgasago gesê.