MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van 'n baba is vanoggend, 13 September op die strand by Hartenbos gevind.
Die liggaam is in 'n pienk lap en twee plastieksakke toegedraai en in 'n koelsak versteek.
Die geslag en ouderdom van die baba is nog nie bekend nie.
Die polisie se kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur 'n strandganger gevind.
"Die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om ons met inligting te help.
Lees meer in susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
Foto's: Louise Karsten
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'