NASIONALE NUUS - Geen vlugte land of vertrek op die oomblik van die George-lughawe nie.
Dit is as gevolg van mistige toestande. Vlugte word na Kaapstad herlei. Die lughawe is wel “operasioneel” en nie gesluit nie.
Mense wat op vlugte moet vertrek of vir passasiers wag word aangeraai om eers die lughawe of die onderskeie lugdienste te kontak.
Die is in die stadium nie duidelik wanneer die situasie weer na normaal sal terugkeer nie. Die George-lughawe kan gekontak word by 044 876 9310.
- Enige verdere nuus sal vrygestel word soos dit bekend word. Die George Herald wag nog vir amptelike reaksie van die lughawe bestuur.
*Due to the fog no flights are landing or departing from the George Airport at the moment. To avoid inconvenience people are advised to contact the airport or the airline they are using. At the moment flights are being redirected to Cape Town.
'We bring you the latest George, Garden Route news'