Die note was in die voertuig van een van haar kliënte.
Die 51-jarige is aangekla van diefstal nadat die klaer vertel het van sowat R200 000 waarmee dié vrou amper weggekom het.
“Ek was ’n kliënt van die vrou en haar man wat sonkrag-produkte verkoop,” vertel die klaer, wat verkies om anoniem te bly.
Die ouer paartjie het sake gedoen in die noorde van Pretoria waar die kliënt hul leer ken het.
Die kliënt sê op Donderdagaand 3 September het sy en ’n vriendin die vrou en haar 57-jarige man by ’n dobbelplek in die noorde raakgeloop.
Die groepie van vier is saam by die casino in om hul geluk by die slotmasjiene te beproef.
Geluk was aan die klaer se kant en sy het die gelukkige boerpot van R200 000 losgeslaan.