MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie ondersoek tans voorvalle waar twee leerders van die Hillcrest Sekondêre Skool binne 24 uur vermoor is.
17-Jarige Michaela Booysen is Sondag in die vroeë oggendure vermoor toe sy met 'n voorwerp teen haar kop geslaan is.
Sy was volgens inligting ontvang van die polisie onderweg huis toe saam met haar vriend toe drie onbekende mans hulle beroof het.
In gister se voorval, is 'n 17-jarige seun met 'n mes gesteek. Hy het later aan sy beserings beswyk. Hy is intussen geïdentifiseer as 17-jarige Khuselo Ndanda.
Die moontlikheid bestaan dat die voorvalle bende-verwant is.
Leerlinge en die gemeenskap is platgeslaan deur die huidige tendens wat kop uitsteek in die skool en die omgewing.
Buurtwag
Die polisie en buurtwaglede van Civic Park en Highway Park patroleer tans Hillcrest Sekondêre Skool en omgewing om die veiligheid van die leerlinge te verseker.
Khuselo Ndanda.
Lees vorige artikels:
- School stabbing update
- Attack at school: 3 learners arrested
- Opvolg: Messtekery by hoërskool
- Messtekery by hoërskool
- Tienermeisie vir haar tekkies vermoor
Bron: Susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'