MOSSELBAAI NUUS - ’n Voormalige gr. 7-onderwyser van Laerskool Park is vandag, 21 Januarie, in die Mosselbaai-streekhof gevonnis op agt aanklagte wat verband hou met seksuele misdrywe teenoor kinders.
Die aanklagte sluit onder meer in seksuele aanranding en aanvoring, en die wys van pornografie aan ’n kind.
Die 46-jarige beskuldige, Wikus Smit, het ’n pleitooreenkoms met die Staat aangegaan en het skuldig op al agt die aanklagte teen hom gepleit.
Smit is in September 2023 by die laerskool in hegtenis geneem.
Die staatsaanklaer, Gerda Marx, het aan die hof gesê dat Smit die twee slagoffers se registeronderwyser was.
Hy het ook ander vakke aan hulle onderrig.
Lees meer by susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’