MOSSELBAAI NUUS - Twee vriendinne was op pad na Mosselbaai vir vakansie toe hulle in 'n ongeluk net buite Aberdeen in die Oos-Kaap betrokke was.
Zoë Minnaar (20) en Kari van der Walt (20), albei tweedejaar-studente en voormalige leerders van Hoërskool Punt, is aanvanklik op Graaff-Reinet behandel ná die ongeluk waar Van der Walt beheer oor die voertuig verloor het.
Daar was glo 'n sterk wind wat gewaai het, wat die motortjie effens van die pad gedruk het.
Daar was nie 'n skouer nie en sy het beheer verloor toe sy die kar weer terug op die pad probeer kry het.
Hulle ouers het daarheen gekom om hulle by te staan.
Ná hulle op Graaff-Reinet behandel is, is Minnaar na 'n hospitaal in Bloemfontein en toe na Pretoria waar sy Donderdag 'n operasie aan haar sleutelbeen sou kry. Van der Walt is na Gqeberha waar sy behandel word.
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’