MOSSELBAAI NUUS - Die bekende Orcas of Moordwalvisse, Starboard en Port, is sedert eergistermiddag, 18 Junie, weer in die Mosselbaai-area en is Sondag waargeneem waar hulle 'n haai gejag en aangeval het.
Die Orcas is só gedoop omdat die een se dorsale vin na links wys en die ander een se vin na regs wat uniek is aan hulle.
Die twee is volgens inligting vir die eerste keer in 2015 naby Kaapstad opgemerk. Anders as ander Orcas is Starboard en Port bekend daarvoor dat hulle naby aan die kus jag.
Walviskykers was verras om die twee in die baai naby Rob-eiland, te sien baljaar. Volgens Christiaan Stopforth van Drone Fanatics, wat die twee van 'n boot af verfilm het, het die Orcas jag gemaak op 'n groot witdoodshaai van 2.5-meter.
'n Ander witdoodshaai-karkas van 2.9-meter het vanoggend op die strand by die Hartenbos-riviermond uitgespoel. Volgens Nico Booyens, marine-bioloog en direkteur van die Haai-Navorsingsinstituut in Mosselbaai, kon hulle deur vin-identifikasie bepaal dat dit twee verskillende witdoodshaaie is.
Lees meer op susterskoerant, www.mosselbayadvertiser.com
Die groot witdoodshaai het vanoggend by die Hartenbos lagoon uitgespoel. Die haai is waarskynlik Sondag deur die Orcas (moordwalvisse) aangeval.
Foto's: Christiaan Stopforth - Drone Fanatics
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’