Rachelle-Mari (oud-leerling van HTS Middelburg en Lareskool Middelburg) en nog twee PUK-studente het Vrydag gesterf na ’n ongeluk op die N14 tussen Venstersdorp en Krugersdorp. Dié pad staan bekend as die Rysmierbultpad.
Rachelle-Mari is saam met Jeanette Theron, per helikopter na die Baragwanath Hospitaal afgevoer. Rachelle-Mari is egter met aankoms dood verklaar. Jeanette word tans in die intensiewe sorgeenheid van die Milpark Hospitaal behandel.
“Ek het Vrydag half vier nog vir haar ’n boodskap gestuur en vir haar gesê: “Prinses, julle moet veilig ry. Jy moet onthou jy is my stukkie goud en sy het my geantwoord. Dit was die laaste wat ons ooit weer met ons kinders gepraat het,” het me. Stofberg gesê.