Hierdie weekkaartjies bied toegang tot agt dae propvol vermaak vir oud en jonk. Bring jou hele familie en kom kuier in die Rivierbuurt met aandvertonings deur gunstelinge soos Juanita du Plessis, Dr. Victor, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Rhema Varrie, Leah en vele meer. Kuns- en kosstalletjies is volop, proe heerlike wyn en deli-happies in Liplekker en ontsnap van die Oudtshoorn-hitte by ’n kroeg of rusarea. Smulkos word bedien by die feesrestaurant in Hap-en-Tap.