Toe hy terugkom het hy twee skoonmakers in die kantoor gevra om na buite te gaan, voordat hy die wapen teen Cindy se kop gedruk en die sneller getrek het in die teenwoordigheid van ander werkskollegas en die poligrafis.
Cindy was die ma van twee seuntjies wat onderskeidelik in graad vier en vyf is.
Haar buurvrou, Marie Kotze, sê dat sy haar geken het vandat sy vyf jaar oud is. Haar eie dogter het saam met Cindy gewerk en was ook teenwoordig tydens die voorval.