Gallery
KAROO NUUS - Die N1 tussen Laingsburg en Prins Albertweg is gesluit weens 'n noodlottige botsing.
'n Datsun GO en 'n Hyundai het mekaar vanoggend omstreeks 03:30 reg van voor getref.
Al vyf insittendes van die Datsun (2 mans, 2 vrouens en 'n kind) is op slag dood.
Die vier insittendes van die Hyundai is ernstig beseer.
Volgens die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa het beide voertuie Kaapstad-registrasienommers.
Dit blyk dat die pad binnekort vir een-rigtingverkeer oopgestel sal word.
'n Datsun GO en 'n Hyundai het mekaar vanoggend omstreeks 03:30 reg van voor getref.
Die N1 tussen Laingsburg en Prins Albertweg is gesluit weens 'n noodlottige botsing.
Lees die nuutste: N1 oop vir eenrigting verkeer na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'