MOTOR NUUS - Die adrenalien het die afgelope naweek hoog geloop tydens die Pop a Wheelie-byeenkoms by Kairos Senior Sekondêr in Heidelberg.
Dié gewilde trekpleister van vinnige motors en waaghalsige bestuurders het hordes ondersteuners getrek.
Deelnemers van so ver as Kaapstad, Ocean View, Strand, Mosselbaai en George het die toeskouers oor twee dae waarde vir hul geld gegee. Die geleentheid is ten bate van die skool gehou.
Rashaad Adams (regs) van Ocean View en sy seuns maak gereed om hul staal op die baan te wys.
Hierdie man het sommer van buite die voertuig genavigeer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'