GEORGE NUUS - Vandag word die Diesel Electric Lubricants Elf Season of Battle knortjorbyeenkoms op die George-ovaalbaan by die skouterrein aangebied.
Die byeenkoms het twee klubs uit Kaapstad gelok om karretjies in te skryf. Die klubs is Cape Oval en Zone 7. Die manne en dames is lus om mekaar op die George-grondbaan aan te vat.
Klasse
• Wing Carts: 4 inskrywings tot dusver
• Super Gemodifiseerd: 12 inskrywings
• 390cc Gemodifiseerd: 13 inskrywings
• 390cc Standaard: 4 inskrywings
• 300cc: 2 inskrywings
• 270cc: 3 inskrywings
• 160cc Pro: 9 inskrywings
• 160cc / 200cc: 7 inskrywings
Mario de Reuck wen 'n vorige byeenkoms met sy 160 cc Pro-knortjor.
Aartjie na sy vaartjie
As mens deur die inskrywings kyk is daar bekende name uit die ovaalbaangeledere wat hulle nou tot hierdie haastige klein knortjorre wend.
Dis verblydend dat dit ook oorspoel na die volgende geslag. Anton Pretorius, Daan de Waal, Braam Koen en Charl Walters - voormalige groot geeste in ovaalbaanwedrenne - se kinders wys nou hulle staal met die knortjorre.
So lyk die Wing Go Carts. Hulle gaan 'n groot aantrekkingskrag by die byeenkoms wees.
Die hekke maak 09:00 oop en die wedrenne begin om 13:00. Kosstalletjies sal eetgoed verkoop.
Toegang: Volwassenes - R50 / kinders onder 12 - R20
Kontak Charl Walters by 082 695 4833 of charl@cesforklift.co.za vir meer inligting.
Die begin van 'n vorige 160 cc Pro-wedren. Hier jaag jong kinders teen mekaar.
Ovaalbaan-wedrenne
Saterdag word die volgende ronde van die SWD-ovaalbaankampioenskappe op Oudtshoorn se baan afgehandel. Die hekke open 14:00, met wedrenne wat om 18:00 gaan begin.
Vir navrae kontak Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830.
''Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'