OUDTSHOORN NUUS - 'n Splinternuwe motor vir die prys van drie koekies seep is iets waaroor mens net kan droom, maar vir Marlene le Grange was dit 'n werklikheid.
Sy het Woensdag haar spog Hyundai i10 by Oudtshoorn Hyundai gaan haal nadat sy in kennis gestel is dat sy een van vyf landswye wenners in 'n kompetsie is.
Volgens Marlene het sy op 29 Mei drie koekies Dettol-seep by Shoprite gekoop en 'n sms-inskrywing vir 'n Dettol-kompetisie gestuur. "Drie weke later het hulle my gebel en gesê ek is een van die wenners van die kar. Ek het eers gedink iemand skeer gek met my, want ek het nog nooit iets gewen nie," het sy Woensdag gesê toe sy die nuwe motor in ontvangs neem.
Haar nuwe Hyundai i10 en 'n bos blomme is Woensdag deur twee verkoopsverteenwoordigers van Oudtshoorn Hyundai, Jerome Bezuidenhout en Deon Koen, aan haar oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'