Sponsored Content
OUDTSHOORN NUUS - Om twaalf ander handelaars van soortgelyke grootte uit te stof en bykans 100 Renaults binne 12 maande in Oudtshoorn te verkoop sit nie sommer in enige broek nie.
Hierdie merkwaardige prestasie het aan Oudtshoorn Renault die prys as beste landwye handelaar in die mikroklas (klein dorp) besorg. Volgens Ronnie Colin, algemene bestuurder van Oudtshoorn Renault is die fabrikaat besig om uiters gewild te word.
"Renault is tans die vierde beste verkoper in die land en sy gewildheid groei steeds."
Behalwe dat Renualt Oudtshoorn dorpe soos Graaff-Reinet en tien ander uitgestof het, kan Colin ook sy bors verder uitsteek aangesien hy as verkoopsbestuurder van die jaar in die mikro-kategorie aangewys is. Colin het verlede jaar in Junie as algemene bestuurder van Oudtshoorn Nissan en Renault oorgeneem. Sy aanstelling het gevolg nadat die VDW-groep die onderneming verlede jaar gekoop het. Hulle het ook die Mosselbaai-tak in 2016 aangeskaf.
Volgens Colin is die sukses van die tak te danke aan die toegewyde en professionele span wat onder hom werk. Daar is tans vier kundige mense wat verkope hanteer. Twee van hulle bemark Nissan en Datsun en twee is by Renault betrokke.
"Maar," sê Colin "ons is een besigheid en ons vat mekaar se hande met alle verkope wat goeie en goedgekeurde gebruikte motors ook insluit." Die hele span by Oudtshoorn Nissan en Renault bestaan uit 17 mense wat goed-opgeleide tegnici insluit.
Colin sê dat hulle kliënte van dorpe buite Oudtshoorn kry, en dat Oudtshoorn se inwoners hulle uitstekend ondersteun. "Die inwoners vertrou ons, hulle ken ons personeel en hulle het vertroue in ons handelsmerke."
Besoek Oudtshoorn Renault gerus op die hoek van Voortrekker- en Langenhovenweg. Kontak hulle gerus by044 272 3553 en 076 799 1212 of per epos by www.oudtshoornrenault.co.za en besoek hulle Facebookblad.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'