In sy verwelkoming het Arno Greyling, mede-eienaar van Nissan en Renault Oudtshoorn, gesê dat Renault 'n maatskappy is wat gebou is op eerlike en persoonlike diens en dat hul voertuie opwindend en goeie waarde vir geld is.
Renault het nou 50 takke landwyd en bemark 49 verskillende modelle. Wim van Chie, visepresident van Renault Suid-Afrika se naverkopediens, het gaste verseker dat Renault wat al 112 jaar oud is besig is om groot spore in die Suid-Afrikaanse motorbedryf te trap.
Renault is wêreldwyd die grootste aandeelhouer in Nissan, vandaar die samewerking tussen Nissan en Renault agentskappe in Suid-Afrika.
Renault het ook aandele in Samsung en vervaardig sommige modelle vir Mercedes. Van Chie sê dat hulle nie blind is vir tekortkominge wat daar in die verlede was nie, maar dat die maatskappy deur goeie beplanning, uitstekende produkte en uitmuntende dienslewering bewys het dat Renault goeie waarde vir geld is en 'n uitstekende produk in die mark het.
Hy skryf die maatskappy se sukses daaraan toe dat hulle 'n klein span is wat tegemoetkomend is en persoonlike diens lewer. Hy is ook baie opgewonde oor twee splinternuwe modelle waarna kopers in 2013 kan uitsien.

Renault Oudtshoorn is Woensdagaand amptelik bekendgestel. Van links is Wim van Chie (vise-president van Renault S.A. se na-verkope diens), Jannie Venter (mede-eienaar Nissan/Renault Oudtshoorn), Marilizé Swart (Renault verkope), Madeline Fourie (Nasionale operasionele- en verkoopsbestuurder, Renault), Pippa Greyling (Nissan), Hanni Neethling (Nissan), Arno Greyling (mede-eienaar Nissan/Renault Oudtshoorn) en Leon Jacobs (Nissan). Foto's: Hannes Visser

Met die amptelike opening van Renault Oudtshoorn kon gaste hul verwonder aand die nuutste Renault produkte soos hierdie vuurwarm Megane waarby Marilizé Swart en Arno Greyling staan. Slegs 'n handjievol van dié vuurwaens is in Suid-Afrika beskikbaar.