Gallery
OUDTSHOORN MOTORNUUS - Die tweede Oudtshoorn-motorskou wat verlede Saterdag by Langenhoven Gimnasium aangebied is, het drie keer meer inskrywings as verlede jaar gehad.
Volgens Riaan van Rensburg, die organiseerder, was daar vanjaar 120 inskrywings en het sommige van so ver as Jeffreysbaai en Port Elizabeth gekom. Byna 700 mense het die skou bygewoon.
Die oudste motor op die skou was Riaan se 1934 Chevrolet sedan en die duurste motor was 'n 1937 Jaguar Special wat deur Greg Berghoff gerestoureer is. Hy het die bakwerk en verskeie onderdele met die hand gemaak.
Die motor behoort aan die filmmaker Koos Roets en sakeman Frans Steenkamp van Klaarstroom en is glo ongeveer R1,8 miljoen werd. Volgens Van Rensburg word volgende jaar se motorskou vir die eerste naweek in die Desembervakansie beplan.
Die duurste motor by die motorskou was hierdie 1937 Jaguar Special waarvan die bakwerk, kajuit en verskeie onderdele deur 'n restoureerder, Greg Berghoff, met die hand gemaak is.
"Ons mikpunt met die motorskou is om iets nuuts in die dorp in te bring. Hier is soveel motorentoesiaste op Oudtshoorn en dit bied meer mense die geleentheid om hulle voertuie ten toon te stel. Ons wil volgende jaar graag 250 motors op uitstalling sien," het hy hierdie week gesê.
Toegangsgeld vir die skou was ten bate van Langenhoven Gimnasium. Hannes Visser en Wyndham Ewerts het die foto's geneem.
Toegangsgeld vir die skou was ten bate van Langenhoven Gimnasium.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'