OUDTSHOORN NUUS - Om vir 90 jaar ononderbroke diens aan 'n gemeenskap te lewer is nie iets wat sommer vanself gebeur nie. Dit verg harde werk, vertroue van klante en 'n geskiedenis van puik diens.
Dit is die wenresep van CP Nel Oudtshoorn, sê eienaars Etienne en Lana Roos. "Ons het die besigheid elf jaar gelede oorgeneem en bloot voortgebou op die puik diens waarvoor CP Nel Oudtshoorn bekend is. Ons kliënte is ons eerste prioriteit en dit sal altyd so wees," het Etienne vandeesweek gesê.
Dat daar nie 'n groot affêre van hulle negen-tigste verjaarsdag gemaak word nie is tipies van die eienaars en die bestuur van die besigheid wat eerder hulle aandag aan klantediens
wy. Gideon Slabbert, verkoopsberstuurder wat saam met Etienne en Lana in 2006 vanaf Knysna na CP Nel Oudtshoorn gekom het, bevestig dit. "Vir my gaan dit nie oor hoeveel eenhede verkoop word nie, dit gaan oor die gehalte diens wat ons lewer en die klante se tevredenheid."
Een van die personeellede wat reeds vir dekades sorg vir puik diens by CP Nel Oudts-hoorn is Mariaan Beyers Sy is reeds 34 jaar by die onderneming betrokke en is verantwoordelik vir die administratiewe sy van die diens-afdeling.
Maritz Rautenbach (algemene bestuurder), Mariaan Beyers (diens-afdeling), Gideon Slabbert (ver-koopsbestuurder) en Jestonio Jacobs (onderdele) is deel van die span wat sorg dat klante van CP Nel Oudtshoorn eerste kom.
CP Nel Oudtshoorn en CP Nel Beaufort-Wes handhaaf deurentyd 'n hoë standaard wat verkope, na-verkope diens, onderhoud- en herstelwerk en die voorsiening van onderdele aanbetref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'