Gallery
SOUTHERN CAPE NEWS - Of so sal dit Saterdag voel met 'n vol program by die Arnold de Jager-renbaan op Oudtshoorn waar Oosies Racing se rendag aangebied word.
Die byeenkoms maak deel uit van die SWD-kampioenskap.
In al sewe die klasse kan verwag word dat die vonke sal spat. In die ontwikkelingsklas is daar slegs twee punte verskil tussen Herman Hanekom en Johan Engelbrecht met hulle VW Golfies.
Die derde plek word deur Niel Engelbrecht ingeneem, ook in 'n VW Golf.
Net tien punte agter Niel is Werner Heunis - ook in 'n VW Golf.
In die 1660-klas loop André Fouché voor met sy VW Polo en net 29 punte agter Fouché is André Nel met sy Ford Fiesta. Derde en 26 punte agter Nel is Juan van Rensburg ook in 'n VW Polo.
In die 2,1-Klas loop Burger van der Westhuizen voor met sy Opel Corsa. Altesame 144 punte agter Van der Westhuizen is Christopher Burisch met sy Opel Corsa. Derde in die klas is Alistair Simpson, 'n verder 116 punte agter Burisch, ook in 'n Opel Corsa.
Die hitsmotorklas se voorloper is Shaun Potgieter met sy VW Scirocco met 629 punte. Corné Oosthuizen, in 'n Opel Corsa, is in die tweede plek met 434 punte.
Die derde plek in die klas word ingeneem deur Rietha Oosthuizen met haar VW Polo.
Sy is net 70 punte agter haar man, Corné.
Die heavy metal-klas se voorloper is tans Anton Pretorius met sy Ford Sierra.
Tweede, slegs 224 agter Pretorius, is Nadia Jubber met haar Nissan Maxima.
Derde is André Keller met sy BMW, op sy beurt net 86 punte agter Jubber.
Die Gemodifiseerde V8-klas se voorloper in die SWD is Marius Combrink met sy Lexus Flexi. Tweede is Bennie Greyling met 'n Chev Flexi. Greyling is slegs 136 punte agter Combrink.
Die huidige derde plek in die klas word beklee deur Pieter Combrink in 'n Chev Flexi, 174 punte agter Greyling.
Ons kan dus warm aksie in al die klasse van die deelnemers verwag om as klaskampioene gekroon te word.
Die hekke open om 13:00 en die wedrenne begin om 17:00.
Kosstalletjies sal beskikbaar wees.
Die toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Vir enige inligting of navrae, skakel Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830 of Carin Oppel by 082 829 1090.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'