ZOAR NUUS - Die gewilde Zoar Oesfees wat die afgelope sewe jaar van 'n klein begin gegroei het tot 'n driedagfees wat meer as 3 000 mense lok, het die jongste fees geword wat die knie voor koronavrees moes buig. Die fees sou tydens die Paasnaweek aangebied word.
Volgens Clement Herandien, skakelbeampte van die Zoar Oesfees, is dit die grootste jaarlikse gebeurtenis op Kannaland se kalender.
"Die meer as 3 000 mense wat gewoonlik die fees bywoon kom van so ver as Kaapstad en die Bolandse omliggende areas asook uit die Suid-Kaap.
Dit is altyd 'n groot ekonomiese inspuiting vir Ladismith en omliggende areas wat alreeds gebuk gaan onder erge droogte."
Van die kunstenaars wat sou optree sluit in PJ Twins, Theodore Jantjies, Bouncie "Se So", Saridia-Lee, rieldansers en dansgroepe.
'Ons bring jou die nuutste Zoar, Klein Karoo nuus'