TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Hubris (hu-bris) s.nw. (<Grieks “grootheidswaan, opstand teen ’n godheid” wat dikwels die ondergang was van ’n held in die Griekse mitologie)
Onverantwoordelike aanmatiging of geweld wat voortvloei uit drif of roekeloosheid; oorskryding van die grense tussen die menslike en die goddelike; opstandigheid teen goddelike gesag; onbeskaamde oortreding of skending van sedelike wette:
Dit het reeds die ou Griekse treurspeldigters gevoel en aangrypend uitgebeeld in hul begrip van die hubris, die ligvaardige hoogmoed wat die magtigste tot ’n val bring (Die Burger).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'