KAROO NUUS - In samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, plaas ons weekliks 'n ongewone of interessante woord.
Het jy 'n woord wat jy graag met ons wil deel? Stuur dit gerus na hugo@groupeditors.co.za.
Besoek www.wat.co.za om 'n Afrikaanse woord te borg of te koop.
Hierdie week se woord: platgooi ww., het platgegooi. (geselstaal)
- Baie vinnig hardloop of weghardloop: Hardus het platgegooi na oom Koos toe, om hom te vra om 'n geneesheer te haal (N.A. Potgieter: Oorwinning, 1941, 180). Die twee blesse kon draf soos geen ander perd kon nie. Ek het dit geweet en daarom het ek sommer uit wans platgegooi so wat ek kan (Boerneef in P.G. du Plessis: Halfeeu, 1966, 74).
¦ In ’n ou bron: Oom Jan di gooi nou sommer plat huis toe. Hy kom nog fêr fan die huis af an, toen skré hy al moord en brand (J.J.J. Taljard, Des. 1896, in A. Coetzee: Verhaalskat O.K., 1940, 81).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'