Gallery Update
KLEIN KAROO NUUS EN VIDEO - Ongeveer sewe woonhuise by Stompdriftdam was Woensdag bykans heeltemal onder water.
Volgens Dollie du Plessis, bestuurder by die oord, was hulle van 00:30 Woensdagoggend besig om mense te ontruim en skuiling by hoërliggende huise te kry.
"Hier dryf yskaste rond. Huise en voertuie is toe onder die water. Hier is geweldig baie skade, en omdat ons so afgesonder is, weet bitter min mense dit. Van die inwoners roei met kano's tussen die huise deur om te kyk waar die skade is en wat hulle kan red." Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’