OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete het vandag, Vrydag 27 Junie die ysigheid in die weer gevoel met die Swartberge wat toegewikkel is in 'n sneeukombers.
Kobus Lategan van Kobus se Gat het videos en fotos aan die koerant gestuur van die sneeu.
Die Swartbergpas is egter wel oop vir verkeer aangesien dit nie baie swaar sneeu is wat geval het nie.
Erge koue weer is wel voorspel met sneeu op hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap.
Heelwat inwoners het vanoggend gegryp na 'n jas en 'n mus met die snerpende koue en lae temperatuur wat gemeet is. Om sneeu te gaan kyk is 'n gewilde tydverdryf in Oudtshoorn, maar inwoners word gemaan om ten alle tye veilig te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’