SPORTNUUS - Die Windpomp-rolbalspan het Van Der Berg Vervoer se rolbalsakeliga verlede week by die Oudtshoorn-rolbalbaan met 11 punte gewen en in die proses 'n kontantprys van R3 200 ingepalm.
HCSC Weermag Siekeboeg was in die tweede plek met 10 punte gevolg deur Du Plessis Motors Volkswagen wat in die derde plek klaargemaak het ook met 10 punte.
Die tweede en derde plekke het onderskeidelik R2 000 en R1 200 as deel van hul prysgeld ingepalm.
Altesaam 48 spelers het ingeskryf vir die liga wat ses weke gelede begin het.
Volgens een van die organiseerders Gerhardus Delport, begin die volgende liga in Oktober/November en is dit reeds vol geboek. Voornemende spanne wat belangstel kan Delport by 064 493 7183 skakel om op die waglys te kom.
Die top-10-spanne het as volg geëindig:
- Windpomp - 11 punte
- HCSC Siekeboeg - 10 punte
- Du Plessis Motors Volkswagen - 10 punte
- Oudtshoorn Ford -10 punte
- Blacklist Security - 9 punte
- Foodlovers Market - 9 punte
- Makka Swart Konstruksie - 8 punte
- ATW Motors - 8 punte
- Van Der Berg Vervoer - 8 punte
- Pretplaas Miskruiers - 8 punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’