Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Personeel van Oudtshoorn-hospitaal, het vandag 17 November, Wêreld Prematuurdag gevier.
Hierdie dag word gehou om bewustheid te skep oor die uitdagings en oorwinnings wat prematuur gebore babas en hul gesinne in die gesig staar.
Premature babas is gebore voordat hulle volledig ontwikkel is. Hierdie babas vereis dikwels ekstra mediese sorg en aandag.
FOTOGALERY: Wêreld Prematuurdag op Oudtshoorn gevier
Elana Marais, die hospitaal se dieëtkundige het met mammas oor die belangrikheid van borsvoeding gepraat.
Dr. Smith het spesiaal 'n liedjie vir die mammas en babas gesing.
VIDEO: Dr Smith sing vir die mammas en babas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’