OUDTSHOORN NUUS - 'n Weldoener uit die gemeenskap, Wayne Julies, het uitgereik na die bestuur van die Katterjakkertjies-kleuterskool in Smartie Town.
Dit kom nadat die skool in Augustus deur verskeie inbrake deurgeloop het. Volgens die skoolhoof, Katy le Roux is letterlik alles gesteel.
"Alles van waarde is geneem, van potte, panne, skryfbehoeftes, die lamineermasjien, ons stoof, en al die kragdrade, asook die kragboks is eenvoudig gesteel. Wayne het oor ons pad gekom en uit sy eie sak die stoof herstel, nuwe bedrading ingesit, asook 'n sekuriteitstelsel."
Inwoners wat voel hul wil bydra om die skool te help kan Le Roux kontak by 060 4488 660.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’