OUDTSHOORN NUUS - 'n Man wat Vrydagoggend uit die hofgebou probeer ontsnap het is vinnig aangekeer.
Die man moes in die hof verskyn, maar het uit die selle op die grondvloer van die Oudtshoorn-landdroshof ontsnap en die hasepad gekies.
Hy het egter deur die flinke optrede van 'n sekerheidswag sy rieme styfgeloop.
Volgens 'n sekerheidswag van Fidelity Guards het die man verlede Vrydagoggend deur die draaihek by die ingang van die hofgebou geglip en probeer weghardloop.
Hy is egter by die hoofingang deur 'n wag vasgegryp en op die grond vasgedruk.
In die struweling wat gevolg het om die vlugtende man terug te kry in sy sel is 'n glasdeur gebreek.
Niemand is egter beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'