OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse brandseisoen is om die draai en word beheerde brande vanaf 1 November tot 31 Maart 2026 oor die hele Wes-Kaap, asook Klein-Karoo verbied aangesien dit die warmste en droogste maande is.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van Oudtshoorn-munisipaliteit, sal boere wat beheerde brande beoog eers ’n ter plaatse inspeksie deur die plaaslike brandweer moet laat doen om toe te sien dat dit aan die nodige vereistes voldoen voordat toestemming verleen kan word.
“Van die boere het brandgate op die plaas waar hulle al die tuinvullis sowel plantreste in mag brand omdat dit gekontroleer en veilig is. Hierdie permit is geldig vir een jaar. CapeNature het ook ’n verbod op beheerde brande geplaas, veral vir boere wat aangrensend boer aan CapeNature se gronde, soos die voet van die Swartberge.”
Gedurende die 2024/25-brandseisoen het kostes om brande te beheer by die R20 miljoen beloop.
Volgens Luke Folb, mediawoordvoerder van CapeNature, was skade aan infrastruktuur enorm terwyl privaat grondeienaars ook grootskaalse skade gelei het.
“Regskostes vir skade in woude en infrastruktuur was ongeveer R300 miljoen se skade, maar kan die ware skade nie in geldwaarde alleen omgesit word nie aangesien brande lewens eis, families verplaas en gemeenskappe in gevaar stel. Sulke veldbrande is ’n groot gevaar vir die natuur en in die laaste brandseisoen is 97 veldbrande aangemeld. Sowat 75 000 hektaar het gebrand en het habitatte en wild, asook biodiversiteit in gedrang geplaas. Die gebiede wat gebrand het was 42% privaat eiendom en 58% grond wat deur CapeNature bestuur word.”
Folb verduidelik verder dat CapeNature alle veldbrande, hetsy op privaat grond of staatsgrond beveg en is toegewyd om dieselfde met die komende brandseisoen te doen.
“Veldbrande is ’n natuurlike verskynsel in ons landskap, maar die toenemende frekwensie en erns van mensveroorsaakte brande plaas ’n onvolhoubare las op mense en die natuur. Met slegs 19,5% van brande wat as natuurlik beskou word gedurende die brandseisoen is waaksaamheid prioriteit vir CapeNature.
"Deur eenvoudige en verantwoordelike keuses te maak kan onnodige veldbrande voorkom word. Maar, as ons optree voordat ’n veldbrand hand uitruk trek almal voordeel daaruit. Hierdie seisoen gaan CapeNature uit hul pad om praktiese wenke met die publiek te deel deur middel van die nuwe Fire Fridays with Kai and Friends-program op sosiale media, asook gereelde wenke om veldbrande te voorkom. CapeNature doen ’n beroep op inwoners, grondeienaars en besoekers om saam te werk om onnodige veldbrande te voorkom.”
Met enige veldbrand aan deur 112 van ’n selfoon te skakel of 10177 op ’n landlyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’