Update
OUDTSHOORN NUUS - Weermaglede van die Oudtshoorn Infanterieskool het Woensdag kos en 'n vrieskas aan die Oudtshoorn skuiling vir haweloses oorhandig.
Die lede is verbonde aan die Caplan's Ministries and Choral Symposiums by die weermag.
Die skuiling vir haweloses is in Augustus vanjaar geopen.
Die onderburgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Noluthando Mwati, het die lede bedank vir hul goedhartigheid.
"Dit is onder my aandag gebring dat die lede die goedere wat geskenk is uit hul eie sakke betaal het.
"Dit is vir my wonderlik om te sien hoe 'n gemeenskap saam staan. Die huis vir haweloses is een van die noodsaaklikste huise in Oudtshoorn.
"Daarom is dit vir my verblydend om te sien dat organisasies soos die weermag 'n bydrae kan maak vir mense wat dit die nodigste het."
Die oorhandiging is deur kol. Masemola gedoen.
Lees 'n vorige artikel: Weermag gee skenking aan skuiling
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'