DYSSELSDORP NUUS - Die drie pypbreke wat veroorsaak het dat gedeeltes van Dysselsdorp wateronderbrekings ervaar, is herstel.
Die pypnetwerk is tans besig om vol te loop.
Die laer gedeeltes het reeds water, en van die hoërliggende areas behoort deur die loop van die middag weer water te hê.
'n Vierde breek het in Salomonstraat voorgekom en word tans herstel. Hierdie gebied is egter nie vroeër deur die onderbreking geraak nie en behoort later vanmiddag ook herstel te wees.
Die Oudtshoorn-munispaliteit rig 'n vriendelike versoek aan inwoners gerig om water spaarsamig te gebruik sodat die watervlakke kan herstel om almal sodoende van water te voorsien.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'