Update
LADISMITH NUUSFLITS - Die man wat vir die ontwrigting gesorg het tydens Kannaland se Dinsdag 7 November-raadsvergadering, Arrie May, toe hy die speaker, Aletta Theron, met water gegooi het, het vlugtig vanoggend in die Ladismith-landdroshof voorgekom.
May staan tereg op ‘n klag van aanranding.
Lees 'n verwante artikel: Vonke en water spat met raadsvergadering
Landdros Errol Thomas het die saak tot Dinsdag 5 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.
May is op eie veranwoordelikheid vrygelaat, dieselfde dag wat hy aangekla is.
Met die watergooiery kan op ‘n selfoonvideo gesien word waar hy vir Theron vloekwoorde en beskuldigings toesnou.
Kort na die voorval het Jaco Londt, die Wes-Kaapse DA-Oosstreekbestuurder na May verwys as ‘n Icosa-lid.
Icosa het ten sterkste ontken dat May enige verbintenis met hulle het.
Vanoggend, kort na May se hofverskynning, het May aan die Oudtshoorn Courant gesê hy is ‘n aktiewe lid van die EFF.
“Ek het my lidmaatskapvorms om dit te bewys.”
Lees meer in Vrydag se Oudtsdhoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'