Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Na 'n vermoeiende vier ure in 'n rolstoel op 22 Augustus, het pastoor Christo Nel, stasiebestuurder van Heartbeat FM in 'n onderhoud met Sonia Wahl, joernalis van Oudtshoorn Courant sy ervaringe en struikelblokke van dié dag gedeel.
Nel is deur Tamzyn Boonzaaier, gemeenskapsontwikkelingsbeampte by die Wes-Kaapse Vereniging vir Persone met Gestremdhede uitgenooi om vier ure in 'n rystoel te spandeer.
Hierdie inisiatief is deur die Wes-Kaapse Vereniging vir Persone met Gestremdhede bewerkstellig as 'n bewusmakingsveldtog genaamd 'Walk in my Wheels'.
Die veldtog was om te wys hoe moeilik en tydrowend dit vir persone met liggaamlike gestremdhede is om alledaagse take te verrig in 'n omgewing wat nie ingerig is vir persone met gestremdhede nie.
Volg die Facebook-blad vir meer.
VIDEO -'Walk in my Wheels' bewusmakingsveldtog ( Video: Heartbeat Tv Oudtshoorn Courant).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'