OUDTSHOORN NUUS - Die verkeersbeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat van korrupsie aangekla is, is in die streekhof onskuldig bevind en ontslaan.
Wagenaar het tereggestaan op twee aanklagte van korrupsie deurdat hy glo in April 2017 onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicholas Mulder, ontvang het vir die reel van vroeëre datums om hul swaarvoertuiglisensies te bekom.
Hy het in die hof verduidelik dat hy nie geld van Nicholas Mulder ontvang het nie, maar wel R6 500 van sy broer om hom te help. Dié bedrag het hy egter aan Mulder teruggegee.
Streeklanddros Ntsoki Moni het bevind dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie en Wagenaar vrygespreek.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’