Video
OUDTSHOORN NEWS & VIDEO - 'n Ford Ranger en vier ander voertuie is vanoggend omstreeks 10:15 in n parkeerarea beskadig toe die bestuurder van die Ford per ongeluk vorentoe in plaas van agtertoe gery het.
Die Ford was voor Fruit & Veg geparkeer.
Die bestuurder moes agteruit uit die parkeerplek stoot, maar het vorentoe gery en vier geparkeerde motors beskadig.
Die bakkie het n Polo wat langsaan geparkeer was getref en toe 'n Golf wat reg voor die bakkie was. Met die slag het die Golf 'n Toyota getref en dié het 'n Subaru getref.
Niemand is beseer nie.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'