OUDTSHOORN NUUS - Inwoners en besoekers moet kennis neem daat vuurwerke streng verbode is in die dorp.
Vuurwerke hou 'n ernstige risiko in vir mense, diere en eiendom en kan tot brande lei, veral tydens die warm en droë toestande wat tans in die Klein-Karoo heers.
Oudtshoorn-munisipaliteit doen 'n beroep op die gemeenskap om verantwoordelik op te tree en saam te werk om lewens en eiendom te beskerm aldus 'n persverlaring wat vanoggend, 31 Desember uitegereik is deur die uitvoerende burgemeester, Johan Allers se kantoor.
"Lede van die publiek word versoek om enige onwettige of onveilige gebruik van vuurwerke onmiddelik aan te meld by 044 203 3000. Deur waaksaam te wees en die reëls na te kom, kan ons saam brande voorkom en ’n veiliger omgewing vir almal verseker."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’