OUDTSHOORN NUUS - Neem asseblief kennis van die vullisverwyderingskedule vir die komende openbare vakansiedae.
Vullis sal steeds verwyder word, maar inwoners moet kennis neem van die aangepaste dae.
Inwoners word gevra om asseblief te hou by die skedule om sodoende te verseker vullis word verwyder.
Vullisverwydering vir Donderdag, 25 Desember sal op Vrydag, 26 Desember 2025, en Donderdag 1 Januarie 2026 sal op Vrydag, 2 Januarie 2026, afgehaal word.
Oudtshoorn-munisipaliteit is bewus dat dit 'n effense vertraging in ons normale omkeertyd kan veroorsaak, en ons vra vriendelik vir inwoners se geduld en begrip gedurende hierdie tydperk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’